Klubkampioenskappe gaan groot name by Buiteklub trek
Eerskomende naweek word die Potchefstroom Gholfklub se klubkampioenskappe aangebied en spelers van alle afdelings sal Saterdag en Sondag meeding om te bepaal wie stap met die louere weg. Ander nuus van die gholfklub is: * Woensdag 2 Maart het die klub ‘n IPS-kompetisie aangebied en die uitslag lyk so: 1e Joe Wood 41 punte 2e …

Eerskomende naweek word die Potchefstroom Gholfklub se klubkampioenskappe aangebied en spelers van alle afdelings sal Saterdag en Sondag meeding om te bepaal wie stap met die louere weg.
Ander nuus van die gholfklub is:
* Woensdag 2 Maart het die klub ‘n IPS-kompetisie aangebied en die uitslag lyk so:
1e Joe Wood 41 punte
2e Johan Coetzee (sr.) 39 punte
3e Johan du Plessis 38 punte
* Vrydag 4 Maart het die NG Kerk, Eerste Vesting, hulle gholfdag by die klub aangebied.
Die wenners van die dag was Johan Britz en Ruan Prigge.
*Die maandelikse houespel (Medal) kompetisie is op Saterdag 5 Maart deur die Wimpy Potchefstroom geborg. Die wenners van die verskillende afdelings was as volg:
A-afdeling: Frik de Beer met ‘n netto telling van 70
B-afdeling: Kobus Gerber met ‘n netto telling van 66
C-afdeling: Daan van Vuuren met ‘n netto telling van 70
Die klub is baie besig om die baan in perfekte toestand te kry vir die jaarlikse Willows-gholftoernooi wat eersdaags plaasvind.



