Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se 0.15 Impak Rugbyweek gaan skouspelagtig wees

Potchefstroom Gimnasium se jaarlikse o.15 Impak Rugbyweek vind weer vanjaar vanaf 29 Maart-2 April by Thabela Thabeng en Takwasa aan die oewers van die Vaalrivier in die Vredefortkoepel plaas. Meer as honderd van die land se beste o.15 rugbyspelers vanuit puik rugbyskole neem aan hierdie rugbyweek deel. Die manne het met hulle aankoms by die amptelike …

Potchefstroom Gimnasium se jaarlikse o.15 Impak Rugbyweek vind weer vanjaar vanaf 29 Maart-2 April by Thabela Thabeng en Takwasa aan die oewers van die Vaalrivier in die Vredefortkoepel plaas.

Meer as honderd van die land se beste o.15 rugbyspelers vanuit puik rugbyskole neem aan hierdie rugbyweek deel.

Die manne het met hulle aankoms by die amptelike opening van dié week gereed vir aksie gelyk. Afrigters en bestuurders was ook in ‘n gemotiveerde luim om te kyk hoe hulle span vanjaar kan kompeteer.

Agt spanne ding mee in hierdie toernooi. Hulle is:

  • Potchefstroom Gimnasium
  • Hoërskool Generaal Hertzog
  • Hoërskool Hans Moore
  • Hoërskool Lichtenburg
  • Hoërskool Standerton
  • Vereeniging Gimnasium
  • Hoërskool Voortrekker
  • Hoërskool Merensky
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button