Hat-trick of the Week (31 March)
Kan Pukke die bordjies teen UJ verhang? Dit is Maandag weer tyd vir die naelbytaksie van die Varsitybeker halfeindstryde wanneer Pukke vir die tweede keer vanjaar teen UJ te staan kom. UJ speel tans kookwaterrugby en gaan ’n moeilike teenstander vir Pukke wees, veral noudat die wedstryd op UJ se tuisveld gespeel gaan word. UJ, …

- Kan Pukke die bordjies teen UJ verhang?
Dit is Maandag weer tyd vir die naelbytaksie van die Varsitybeker halfeindstryde wanneer Pukke vir die tweede keer vanjaar teen UJ te staan kom. UJ speel tans kookwaterrugby en gaan ’n moeilike teenstander vir Pukke wees, veral noudat die wedstryd op UJ se tuisveld gespeel gaan word. UJ, wat vanjaar almal verras het, het die vorige kragmeting teen Pukke op die Fanie du Toit Sportterrein gewen en met harde verdediging vir Pukke se gevaarlike agterlyn gestuit. Steeds kan UJ se agterlyn met Ronald Brown aan die stuur ook nie onderskat word nie. Jonathan Mokuena sal beslis sy huiswerk moet doen en vorige foute regstel om die oranjemasjien van Johannesburg te klop. Die span wat die groot oomblikke benut en die druk kan hanteer sal waarskynlik die eindstryd haal.
- Pretorius bewys sy passie by Patria:
Die voormalige Springbok losskakel, André Pretorius, is besig om naam te maak in koshuisrugby as afrigter. Pretorius is tans by Patria Manskoshuis se Koshuisrugby betrokke waar hy die Blues van krag tot krag lei. Hulle speel juis in die Varsitykoshuiseindstryd teen Vishuis op Maandag, 18 April. Dit is glad nie ’n verrassing dat Pretorius in sy posisie uitblink nadat hy verlede jaar reeds trofeë begin wen het nie. Sy skerp rugbybrein en ervaring met verskeie afrigters gee hom die geleentheid om kennis terug te ploeg en so kan hy sy eie manier van afrigting self beoefen. Die platform is gestel en dit is net ’n kwessie van tyd voor Pretorius in afrigtingskringe gaan opbeweeg. Patria het ’n juweel in hulle geledere.
- Cup football is the ultimate equaliser:
Jomo Cosmos and Orlando Pirates will either win or go bust on Sunday when they meet in the prestigious Nedbank Cup. This round-of-16 clash at Olën Park will be something to behold – even neutral fans should lick their lips at the football that will be served. Pirates should win the encounter, based on current form, but Cosmos has proven to play their best in Potchefstroom – they last beat Pirates 1-0 in a league encounter in January. Cosmos coach, Jomo Sono would like nothing more than to beat his former team once again.



