SportSport

Volkies ry die stof in ander se oë

Hierdie vier Volkies kan behoorlik ’n fiets trap!  Kristen “Nooi” Louw, Brandon van der Berg, Pieter du Toit en Heinrich van Niekerk het tydens die 2016 SA Bergfiets Marathon Kampioenskappe op Sondag, 17 April in Clarens uitgeblink. Hierdie langasems het aan die uitdagende 43.5km SA’s deelgeneem. Kristen het tweede gekom in die SA Junior Meisies-afdeling …

Hierdie vier Volkies kan behoorlik ’n fiets trap!  Kristen “Nooi” Louw, Brandon van der Berg, Pieter du Toit en Heinrich van Niekerk het tydens die 2016 SA Bergfiets Marathon Kampioenskappe op Sondag, 17 April in Clarens uitgeblink. Hierdie langasems het aan die uitdagende 43.5km SA’s deelgeneem. Kristen het tweede gekom in die SA Junior Meisies-afdeling met ’n tyd van 2:00:33.

Sy het ook algeheel tweede in die Ashburton Investment National series in haar kategorie geëindig. Brandon van der Berg kom vierde in die SA Junior Mans-afdeling met ’n tyd van 1:42:16 en ook algeheel vierde in die Ashburton Investment National series (mans).

Pieter du Toit kom 14de in die SA Junior Mans afdeling en algeheel 35ste in die Ashburton Investment National Series (mans). Heinrich van Niekerk het 17de gekom in die SA Junior Mans afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button