SportSport

Volkies se eerste rugbyspan skraap deur teen Wesvalia

Hoër Volkskool Potchefstroom se Eerste rugbyspan het maar gesukkel teen Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp en met 15-10 gewen in hulle eerste Noordwesligawedstryd van die seisoen. Volkies was die gunsteling op hulle tuisveld, maar die Bruin Bere het hulle meer as genoeg probleme verskaf. Volkskool se helde was Gideon Steyn en LukiePieterse met hulle drieë en …

Hoër Volkskool Potchefstroom se Eerste rugbyspan het maar gesukkel teen Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp en met 15-10 gewen in hulle eerste Noordwesligawedstryd van die seisoen.

Volkies was die gunsteling op hulle tuisveld, maar die Bruin Bere het hulle meer as genoeg probleme verskaf.

Volkskool se helde was Gideon Steyn en LukiePieterse met hulle drieë en Hardus Pretorius se doelskop en strafdoel wat die verskil tussen die twee spanne was.

Volkskool speel hierdie Saterdag, 14 Mei teen Hoërskool Lichtenburg op Volkies se tuisveld. Dit behoort ‘n titaniese stryd te wees.

*Die opkomende FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom behoort ook interessant te wees met albei spanne wat hulle eerste wedstryde gewen het.

Ander uitslae:

o.16 – Volkskool wen 61 – 0 teen Wesvalia, o.15 – Volkskool wen 19 – 12 teen Wesvalia. o.14 – Wesvaliawen 49-14.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button