Classic Clash: Wat sê die geskiedenisboeke?
In die afgelope 16 jaar was daar talle titaniese rugbykragmetings tussen hierdie twee Potchefstroomse skole. Sedert 2000 het Gimmies nege Classic Clashes gewen met Volkies wat ses gevat het. Daar was ook in 2009 ‘n gelykop uitslag tussen dié twee skole wat 19-19 geëindig het. Gimmies het die afgelope vier jaar, sedert 2012, die Classic …
In die afgelope 16 jaar was daar talle titaniese rugbykragmetings tussen hierdie twee Potchefstroomse skole.
Sedert 2000 het Gimmies nege Classic Clashes gewen met Volkies wat ses gevat het.
Daar was ook in 2009 ‘n gelykop uitslag tussen dié twee skole wat 19-19 geëindig het.
Gimmies het die afgelope vier jaar, sedert 2012, die Classic Clash gewen, met verlede jaar wat die oortuigendste was met ‘n 33-3 loesing.
Vir baie inwoners sal 2014 se Classic Clash ook ‘n klokkie lui, wat 20-17 in Gimmies se guns beslis is.
Volkies se Renier Barnard het ‘n strafskop in die doodsnikke gemis om die telling gelykop te maak. Volkie-ondersteuners sal ook met heimwee aan hul 2006 span dink wat 20-0 vir Gimmies geklop het, sowel as hul 2010-span wat 30-3 vir Gimmies pak gegee het. Dit behoort weer ’n kwessie van bloed, sweet en trane Saterdag te wees.
Uitslae:
(afgelope 16 wedstryde:)
2000: Gimmies 18 – Volkies 7
2001: Gimmies 12 – Volkies 7
2002: Gimmies 26 – Volkies 17
2003: Volkies 24 – Gimmies 10
2004: Gimmies 29 – Volkies 7
2005: Volkies 10 – Gimmies 5
2006: Volkies 20 – Gimmies 0
2007: Gimmies 15 – Volkies 14
2008: Volkies 26 – Gimmies 17
2009: Volkies 19 – Gimmies 19
2010: Volkies 30 – Gimmies 3
2011: Volkies 38 – Gimmies 17
2012: Gimmies 26 – Volkies 18
2013: Gimmies 29 – Volkies 13
2014: Gimmies 20 – Volkies 1
2015: Gimmies 33 – Volkies 3



