Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Botma se vierkuns lei Gimmies na indrukwekkende hokkiesege in Classic Clash

Potchefstroom Gimnasium se eerste seunshokkiespan het weereens bewys dat hulle die sterkste hokkiespan in die dorp is met ’n kragtige 8-1 oorwinning teen Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstes. Oudergewoonte het Gimmies se staatmakerkaptein Pierre Botma, weer net bewys watter kwaliteit speler hy is deur vier pragdoele aan te teken. Dit gebeur nie sommer dat ’n …

Potchefstroom Gimnasium se eerste seunshokkiespan het weereens bewys dat hulle die sterkste hokkiespan in die dorp is met ’n kragtige 8-1 oorwinning teen Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstes.

Oudergewoonte het Gimmies se staatmakerkaptein Pierre Botma, weer net bewys watter kwaliteit speler hy is deur vier pragdoele aan te teken. Dit gebeur nie sommer dat ’n mens in jou laaste Classic Clash vier doele aanteken en as kaptein die span na ’n oorwinning te lei nie. Definitief iets om te onthou veral noudat Gimmies ook as Noordwes kampioene vanjaar gekroon is.

Nie net speel Botma sy hart uit nie, maar is ook ’n uitstekende motiveerder en leier op die veld. Verdere doele deur Rikus Meyer, Theo Jooste, Matthew Haupt en Pieter Joubert het Volkies se doppie geklink en Gimmies laat feesvier.

’n Mens kan dadelik die spangees in hierdie Gimmie-span sien en dat elke speler weet wat sy taak op die hokkieveld is. Dit is juis een van die redes hoekom Volkies later uitstoom begin hardloop het – daardie spanwerk en taktiek is nog nie heeltemal daar nie, al was daar baie gees en opwinding in hulle spel.

Telkens daar moet genoem word dat Volkies nooit tou opgegee het nie – al was hulle teen rustyd alreeds 4-1 agter.

Botma het die eerste doel aangeteken, maar Volkies het kort daarna gelyk getrek met David Crowther wat na ’n uitstekende skoot die doelhok laat dreun het.

Dit was wel die laaste geluk vir Volkies wat die res van die wedstryd tweede viool moes speel. Volkies sal hieruit leer en volgende jaar hoop om ’n meer kompeterende poging aan te wend.

Ander hokkieuitslae:

16 A Seuns: Gimmies 6 – Volkies 0

14A Dogters: Gimmies 3 – Volkies 0

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button