SportSport

Volkies klop Gimmies in rillernetbalstryd

Die spanning was hoog, die skare was luidrugtig en die atmosfeer ongelooflik – presies hoe ‘n Classic Clash moet wees. Toe die eindfluitjie tussen Volkies en Gimmies se eerstespan netbalstryd blaas was die rooi gedeelte van Potchefstroom in ekstase met ‘n 27-24 oorwinning. Sake was egter baie naby in ‘n puik netbalwedstryd met albei spanne …

Die spanning was hoog, die skare was luidrugtig en die atmosfeer ongelooflik – presies hoe ‘n Classic Clash moet wees.

Toe die eindfluitjie tussen Volkies en Gimmies se eerstespan netbalstryd blaas was die rooi gedeelte van Potchefstroom in ekstase met ‘n 27-24 oorwinning.

Sake was egter baie naby in ‘n puik netbalwedstryd met albei spanne wat mekaar geen maklike kanse gegee het nie. As Volkies voor was sou Gimmies terugveg en anders om. Die halftydtelling was 12-12. Op die ou einde het Volkies teen die einde meer energie gehad en vyf vinnige doele in die laaste vyf minute aangeteken.

Volkies se sterre was Caitlynn Rousseau en Melindi Delport se akkurate doelskote. Larissa Gouws was ook ene staal op die verdediging.

Gimmies se Jone Kruger en Carla Kock was ook kookwater gedurende die wedstryd gewees.

Volkies sal wel hierdie een onthou en die trane van blydskap op hulle wange het alles gese.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button