SportSport

Luiperds speel vir trots teen Leeus op Olënpark

Die Luiperds en die Leeus XV gaan hulle tande wil skerp maak vir ‘n interessante katgeveg op Olënpark in Potchefstroom hierdie Vrydagmiddag (24 Junie.) Die tuisspan het net hulle trots om voor te speel nadat hulle geen kans meer het om in die amptelike Curriebeker te speel nie, terwyl die Leeus XV outomaties kwalifiseer, maar …

Die Luiperds en die Leeus XV gaan hulle tande wil skerp maak vir ‘n interessante katgeveg op Olënpark in Potchefstroom hierdie Vrydagmiddag (24 Junie.)

Die tuisspan het net hulle trots om voor te speel nadat hulle geen kans meer het om in die amptelike Curriebeker te speel nie, terwyl die Leeus XV outomaties kwalifiseer, maar tog die wedstryd as ‘n geleentheid kan sien om opkomende spelers te toets.

Logo_Golden_Lions_Rugby.svg

Die Leeus XV sluit die Springbok, Marnitz Boshoff in wat met sy spel op losskakel die span op die aanval sal lei. Stokkies Hanekom is ook op goeie vorm na sy driekuns teen die Griekwas verlede naweek. Die voormalige Luiperd, Ashlon Davids, sowel as Corné Fourie op stut en JW Bell in die agterlyn behoort impak te maak.

Die Luiperds is ook versterk met die Namibiese blits Johan Deysel wat in Henko Marais te plek uitdraf. Die ervare voormalige Luiperdskaptein, Juan Language, is ook terug om sy krag te verskaf.

Luiperds teen Leeus: Rhyno Smith; Bradley Moolman, Juffrou Vermeulen, Johan Deysel, Lucian Cupido; Schalk Hugo, Malherbe Swart; Jeandré Rudolph, Marno Redelinghuys, Jaco Jordaan, Walt Steenkamp, Francois Robertse, Bart le Roux, Wilmar Arnoldi, Mashudu Mafela. Reserwes: Dane van der Westhuyzen, Roan Grobbelaar, Stairs Mhlongo, Juan Language, Chriswil September, Gene Willemse en Jaco Hayward.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button