SportSport

Mooirivier se gholfspelers speel setperke aan die brand

Kosie van Tonder is ook as kaptein van die Noordwes Gholfspan aangewys.

Laerskool Mooiriver se kranige gholfspelers het op Maandag 2 November aan die Noordwes Gholfliga by Magaliespark deelgeneem en met verskeie goeie prestasies ‘n ystervertoning gelewer.

Kosie van Tonder het die eerste plek in die Zero-kompetisie behaal en is ook as kaptein van die Noordwes Gholfspan aangewys.

Tokkies se seuns-gholfspanne het fantastiese prestasies behaal op provinsiale vlak. Foto: Laerskool Mooirivier/Facebook

Die B-span seuns het die eerste plek in die Zero-kompetisie en derde plek in die IPS-kompetisie verower, terwyl die A-span seuns derde in die Zero-kompetisie geƫindig het. Die A-span dogters het vierde plekke in beide die IPS- en Zero-kompetisies behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button