SportSport

Jong swemmers laat die water spat

Dit was onlangs die Dolfyntjie-afdeling van Potchefstroom Swemklub, onder die afrigting van Karin van Jaarsveld, se jaarlikse bekroningsfunksie. ‘n Groep van 150 swemmers het onder Van Jaarsveld se bekwame leiding afrigting ontvang in waterveiligheid, basiese swemstyle en gevorderde swemstyle. Tydens die bekroningsfunksie is 100 medaljes aan presteerders oorhandig. Emma Rost is as die Dolfyntjies se …

Dit was onlangs die Dolfyntjie-afdeling van Potchefstroom Swemklub, onder die afrigting van Karin van Jaarsveld, se jaarlikse bekroningsfunksie. ‘n Groep van 150 swemmers het onder Van Jaarsveld se bekwame leiding afrigting ontvang in waterveiligheid, basiese swemstyle en gevorderde swemstyle. Tydens die bekroningsfunksie is 100 medaljes aan presteerders oorhandig.

Emma Rost is as die Dolfyntjies se top swemmer aangewys. Die hoofafrigter van Potchefstroom Swemklub, Carine Cronje, het tydens die streng evaluasie aan haar 100% gegee vir haar style. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie.

Vir navrae oor waterveiligheid of stylafrigting kan Karin by 073 318 1799 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button