SportSport

Luiperds moet nou eersteliga titel verdedig

Die Luiperds het Vrydagaand goed vertoon teen ‘n Griekwas span wat baie ver van volsterkte was. Die Luiperds wen 37-17 na hulle met die omdraaislag reeds 22-3 voor was. Rhyno Smith was weer in die Luiperdspan maar daar is nog geen amptelike aankondiging oor sy toekoms gedoen nie. Die Luiperds moet nou hulle titel as …

Die Luiperds het Vrydagaand goed vertoon teen ‘n Griekwas span wat baie ver van volsterkte was. Die Luiperds wen 37-17 na hulle met die omdraaislag reeds 22-3 voor was.

Rhyno Smith was weer in die Luiperdspan maar daar is nog geen amptelike aankondiging oor sy toekoms gedoen nie.

Die Luiperds moet nou hulle titel as Eersteliga kampioen verdedig en dit gaan nie maklik wees nie.  Griekwas, Boland en die Pumas is die kwalifiseerders wat saam met die groot ses in die Curriebeker sal speel.

Die finale puntestand vir die kwalifiseerders is: Griekwas 56, Boland 54, Pumas 51, Luiperds 37, Griffons 36, SWD 30, Valke 30, Grens 26.

In die oorwinning Vrydagaand het Bradley Moolman, Bart le Roux, Wilmar Arnoldi, Henko Marais en Johan Deysel gaan druk. Rhyno Smith het met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag.

Die speelrooster vir die Eersteliga is nog nie aangekondig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button