SportSport

Fanie en Louise en Faan de Beer verras vanaf Britstown

Tydens die laaste wedvlug vir jaaroud duifies in die vliegseisoen, het die twee “Fane” verras om met die jaaroud-titel weg te loop in hulle onderskeie klubs. Die wedvlug is beslis vanaf die kleine Britstown in die hartjie van die Karoo, oor ‘n afstand van 555km. By M.R.K. het Fanie en Louise hokke wat vir jare …

Tydens die laaste wedvlug vir jaaroud duifies in die vliegseisoen, het die twee “Fane” verras om met die jaaroud-titel weg te loop in hulle onderskeie klubs. Die wedvlug is beslis vanaf die kleine Britstown in die hartjie van die Karoo, oor ‘n afstand van 555km.

By M.R.K. het Fanie en Louise hokke wat vir jare reeds baie hard werk in  duiwesport, ‘n welverdiende jaaroud kampioenduif nou in sy hok. Ook plek vyf behoort aan hom. Johan Siebert volg kort op sy hakke, slegs 32 sekondes na hom. Prokureur Hennie Aucamp eindig slegs 1min 51 sek na die wenduif in plek drie. Yster Schlebusch moet egter die keer die knie buig in plek vier. In die opewedvlug wen Johan van Wyk met ‘n skrale drie sekondes. Aucamp maak van Wyk hier behoorlik skrik met ‘n puik tweede en derde plek, slegs drie en vyf sekondes onderskeidelik na hom.  “Ooms” At en Louw eindig vierde en Siebert vyfde. By P.P.K. is dit oud skoolhoof Faan de Beer wat wys dat ‘n “Ou has been” ook soms ‘n pit kan raakpik! Die klubkampioen van 2016, Kiewiet Marais, wys dat hy met die hulp van vervoermeester, Oom Christo Snyman, vanjaar verseker nie sommer onttroon gaan word met sy tweede plek nie. Salty en Lettie eindig derde met verkeersman Nic Stassen vierde en vyfde. In die opevlug wen Marais weer soos gewoonlik, Salty en Lettie is tweede en vierde en Sarel Naude derde en vyfde.

In die punte word Kiewiet Marais gekroon as jaaroud-kampioen by P.P.K. met 1739 punte, met Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke tweede met 1258 en Saltie de Villiers derde met 876. In die ope-afdeling is dit weer Marais met 1866, de Villiers tweede met 1290 en Sarel Naude 1005. Algeheel 1) Marais 3605, 2) Salty en Lettie 2156, 3) Rooikraal 2147.

By M.R.K. word uniekampioen Johan Schlebusch amper verras en onttroon as jaaroud-kampioen deur Fanie en Louise! Sy 651 is ‘n skrale drie punte voor Fanie se 648! Arrie en Tienie eindig derde met 498. Aucamp eindig hier ook slegs ses punte na Arrie in die vierde plek. In die ope-afdeling is Schlebusch gemaklik voor met 886. Suidwester Willem Moolman is steeds tweede met 628 en Arrie Marais derde met 517. Schlebusch gee ook steeds die pas aan algeheel met 1537. Moolman is hier ook tweede met 1037 en Fanie en Louis derde met 968. Volgende week se wedvlug gaan plaasvind vanaf Marydale wat 577km vanaf Potch is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button