SportSport

Gimmies se o.17 netbalmasjien weer Suid-Afrika se beste

Om die SA-Skole netbaltoernooi te wen sit nie in almal se romp nie, maar om dit twee keer agtereenvolgens te wen, vat iets baie spesiaal. Potchefstroom Gimnasium se o.17 netbalspan vier nou weer fees met nog goue medaljes na ‘n uiters suksesvolle SA-Skole toernooi wat die afgelope naweek by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind …

Om die SA-Skole netbaltoernooi te wen sit nie in almal se romp nie, maar om dit twee keer agtereenvolgens te wen, vat iets baie spesiaal. Potchefstroom Gimnasium se o.17 netbalspan vier nou weer fees met nog goue medaljes na ‘n uiters suksesvolle SA-Skole toernooi wat die afgelope naweek by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind het. Buiten die feit dat hulle sterk skole soos Waterkloof en Affies geklop het, is Gimmies ook tans die tweede beste netbalskool in Suid-Afrika.

2016 is werklik ‘n gloriejaar vir die dogters en hulle afrigter, Marianne Ray wat hierdie span na vele oorwinnings gelei het. Gimmies was Noordweswenners, Coke Toernooiwenners en nou SA Skolewenners ook. Volgens Ray was haar span toegewyde dogters ongelooflik doelgerig vanjaar, wat een van die sleutels tot sukses was.

“Die girls was masjiene gewees. Ek is so trots op hulle en hulle het alles reg gedoen en volgens ons speelpatroon gespeel. Ons het Waterkloof met agt doele, 14-6 in die eindstryd geklop, wat ongelooflik is,” vertel Ray.

Harde werk was ook baie belangrik gedurende die seisoen en om vier dae per week te oefen en baie ure in te sit tel op die ou einde. “Ons het in die vakansie hard gewerk en baie wedstryde teen verskillende skole sowel as eerstespanne gespeel om ons spelvlak te verhoog,” noem Ray.

Dit was ook amper twee eerste plekke vir Ray as afrigter, toe haar opkomende o.14 span net-net in die eindstryd van die SA Skole-toernooi met een punt teen HTS Middelburg met 14-13 verloor het.

“Ek was aangenaam verras hoe goed my span gedoen het. Ek is net so trots op hulle ook. Die wedstryd was gelykop toe die eindfluitjie blaas en toe wen HTS in ekstra tyd. Dit kon enige kant toe gegaan het,” glo Ray.

Algeheel glo hierdie vriendelike en suksesvolle netbalafrigter dat toewyding en die wil om te wen tot Gimmies se netbalprestasies lei. “n Mens kan ook nie die ondersteuning van die ouers onderskat nie. Hulle meng nie in nie en laat ek my werk as afrigter doen. Hulle help my ongelooflik met die ondersteuning en is daar vir tuis en wegwedstryde wat baie motiverend is. Dit is een groot spanpoging.”

Kyk die foto’s van die netbalaksie hier onder:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button