SportSport

Luiperds brul in die Eersteliga

Die Luiperds is na Saterdag se oorwinning van 42-19 in Kemptonpark oor die Valke nou onteenseglik die Konings van die Eersteliga. Die Luiperds het ses doele aangeteken en hul Namibiese invoerproduk Johan Deysel het weer sy merk gemaak en sy 50-tal in net drie wedstryde aangeteken wat die keer vyf doelskoppe en ‘n drie insluit. …

Die Luiperds is na Saterdag se oorwinning van 42-19 in Kemptonpark oor die Valke nou onteenseglik die Konings van die Eersteliga.

Die Luiperds het ses doele aangeteken en hul Namibiese invoerproduk Johan Deysel het weer sy merk gemaak en sy 50-tal in net drie wedstryde aangeteken wat die keer vyf doelskoppe en ‘n drie insluit.

Die Luiperds se driekwarte het fees gevier en voor mens kon sê Luiperds het die nuwe losskakel Gene Willemse twee keer gedruk om sy totaal in vier wedstryde tot ses op te skuif.

Deysel se sentermaat Juffrou Vermeulen en die vleuel Bradley Moolman het ook gedruk om die driekwarte se drieëtotaal in die wedstryd op vyf te staan te bring.

Die losvoorspeler HP Swart, wie van die bank begin het, het ook sy sesde drie van die veldtog gedruk.

Die Luiperds spog nou met volpunte na vier wedstryde in die kompetisie.

 Punte:

Luiperds: Drieë: Gene Willemse (2), HP Swart, Juffrou Vermeulen, Bradley Moolman, Johan Deysel. Doelskoppe: Deysel (5), Johnny Welthagen.

Valke: Drieë: Andries Schutte, Johan Pretorius, Xander Cronjé. Doelskoppe: Karlo Aspeling (2).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button