Gimmie breek Pierre Spies se spiesgooirekord met 77.74 meter gooi
Gimmies se Waldouw Smit en Philllip Botha is rekordbrekers met ’n spies in hulle hande. Waldouw het die Springbok rugbyspeler Pierre Spies se o.17-rekord van 61,13m (wat in 2002 opgestel is) met ‘n poging van 77,74m verbeter, terwyl Philip B. Bester se o.14-rekord van 52,93m (wat in 2000 opgestel is), met ‘n poging van 53,79m …
Gimmies se Waldouw Smit en Philllip Botha is rekordbrekers met ’n spies in hulle hande.
Waldouw het die Springbok rugbyspeler Pierre Spies se o.17-rekord van 61,13m (wat in 2002 opgestel is) met ‘n poging van 77,74m verbeter, terwyl Philip B. Bester se o.14-rekord van 52,93m (wat in 2000 opgestel is), met ‘n poging van 53,79m verbeter het. Dit het alles op Vrydag, 23 September by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Prestige Atletiekbyeenkoms wat op die Pilditch-stadion in Pretoria gehou is, afgespeel.
32 skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem, waaronder Prestige College, Menlopark, Garsfontein, Montana, Waterkloof, Zwartkop, Eldoraigne, Affies, Kemptonpark, Helpmekaar en Noordheuwel. Christiaan van Wyk het ook ‘n derde plek verower in die spiesgooi vir seuns o.15. Malleen Pienaar (spiesgooi, dogters o.14) en Almero Niemann (diskus, seuns o.14) het 2de plekke behaal. Donevan du Toit (verspring en 100m, seuns o.16), Lumka Gebengana (100m hekkies, seuns o.15), Almero Niemann (gewigstoot, seuns o.14), Waldo de Beer (hoogspring, seuns o.17) en Dané Holtzhausen (400m, dogters o.16) het almal 3de plekke behaal.





