SportSport

Potch Dorp bied spoggerige Springbok rugbyfunksie aan

Vyf van die grootste Springbok legendes gaan einde November deel van een van die mees gesogte rugbyfunksies in Potchefstroom wees. Potchefstroom Rugbyklub in samewerking met SA Rugby Legends hou ‘n formele dinee as fondsinsameling vir die komende 2017 rugbyseisoen en hierdie glansgeleentheid gaan een wees om nie mis te loop nie. Oud Springbokke uit verskillende …

Vyf van die grootste Springbok legendes gaan einde November deel van een van die mees gesogte rugbyfunksies in Potchefstroom wees.

Potchefstroom Rugbyklub in samewerking met SA Rugby Legends hou ‘n formele dinee as fondsinsameling vir die komende 2017 rugbyseisoen en hierdie glansgeleentheid gaan een wees om nie mis te loop nie.

Oud Springbokke uit verskillende eras wat die vermaak op die aand sal verskaf is Stefan Terblanche, Danie Gerber, Ray Mordt, Krynauw Otto en Warren Brosnihan.

Die ryke geskiedenis van Potch Dorp Rugbyklub is iets waarop die rugby gemeenskap as ‘n geheel trots kan wees en hierdie funksie se sukses sal die klub ‘n groot hupstoot gee. Moenie hierdie geleentheid misloop om die grootste legendes in Suid-Afrikaanse rugby se geskiedenis in lewende lywe te sien nie.

Die aand sal die volgende behels:

  • Skemerkelkie met aankoms
  • Driegang maaltyd
  • Opveil van gesogte rugby memorabilia
  • Televisie-opname wat op Supersport uitgesaai sal word

Datum: 25 November

Plek: Elgro Hotel

Tyd: 18:00

Kleredrag: Formeel “Black Tie”

Prys: R5 000 per tafel (tien persone per tafel).

Vir enige verdere navrae skakel Piet Jordaan 071 946 2640.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button