SportSport

Mokuena gaan alles insit vir tweede agtereenvolgende Varsitybeker

Kampioene speel nie op reputasie nie en moet weer alles insit om hul titelkaliber te wys. Dit is die dryfkrag vir Jonathan Mokuena se NWU Pukke Varsitybekerspan wat vanjaar weer ‘n nuwe blaadjie moet omslaan om die titel te behou. Die NWU Pukke gaan vanjaar weer van voor af begin en is slaggereed om hulle …

Kampioene speel nie op reputasie nie en moet weer alles insit om hul titelkaliber te wys.

Dit is die dryfkrag vir Jonathan Mokuena se NWU Pukke Varsitybekerspan wat vanjaar weer ‘n nuwe blaadjie moet omslaan om die titel te behou.

Die NWU Pukke gaan vanjaar weer van voor af begin en is slaggereed om hulle kroon met alles in hulle te verdedig. Die energie en wil is daar om weer sukses te behaal en te bewys dat NWU Pukke die nommer een tersiêre rugbybestemming in die land is.

Jeandré Rudolph gaan steeds deel van die Mokuena se planne as kaptein wees.
Jeandré Rudolph gaan steeds deel van die Mokuena se planne as kaptein wees.

“Ons groot fokuspunt is dat die manne bereid moet wees om van voor af te begin. Die publiek sal ons sien as gunstelinge, maar ons gaan die trofee wil wen en nie noodwendig verdedig nie,” verduidelik Mokuena.

Mokuena is ook baie tevrede met sy span se psigiese welstand in dié stadium en glo dat sy span ook fisiek in ‘n uitstekende kondisie sal wees.

“Die manne weet wat ons kan bereik as almal inkoop in ons filosofie. Ek is seker dat die manne wat ons inkry die regte werksetiek het om sukses na die span toe te bring.

Die manne moet elke wedstryd optimaal kan speel. Ons moet seker maak dat ons vir elke wedstryd goed opdaag. ‘n Oud Springbok soos André Pretorius sal ook sy ervaring en kennis met die span kan deel vanjaar en saam met Jean Tiedt het ons ‘n fantastiese afrigtingsspan.”

Daar is wel ‘n paar gapings in die span met die dat spelers met ‘n X-faktor soos Sylvian Mahuza en Rhyno Smith nie vanjaar deel van Pukke se span is nie. Tog glo Mokuena dat die span sterker as ’n paar individue is.

Pukke bo: Jonathan Mokuena en Jeandré Rudolph staan trots met die beker. Foto: Mario van de Wall.
Pukke bo: Jonathan Mokuena en Jeandré Rudolph staan trots met die 2016 Varsitybeker. Foto: Mario van de Wall.

“’n Ervare ou wat ons inkry vanjaar is Lungelo Gosa wat van die Kings af kom. Hy bring ook ‘n X-faktor en is ‘n baie aanvallende speler. Die doel is om die jong spelers in staatmakers in ons span te verander. Die Pukke se strukture is ook in die regte plek om kwaliteit talent op te lewer,” het Mokuena bygevoeg.

Hy het ook genoem dat Jeandré Rudolph weer die kaptein sal wees en sy troepe na nog ‘n titel sal wil lei. Verder glo hy dat sy afrigtingsfilosofie juis daarop geskoei is om verhoudings met sy spelers te bou.

“As jy wedersydse goeie verhoudings tussen jou spelers en afrigters het, kan ‘n mens die beste in daardie spelers uitbring. As die spelers hul waarde ken en weet dat ek in hul glo, dan is daar goeie vordering. Ek is iemand wat glo in verhoudings bou.”

“Dit sal fantasties wees vir die Puk om weer die Varsitybeker te wen. As afrigter glo ek dat jy vir ‘n sekere tyd geplaas is en die groot vraag is in watter toestand jy die plek gaan agterlaat. Vir my persoonlik sal dit goed wees, maar nog beter as die Puk dit kan bereik,” het Mokuena afgesluit.

NWU-Pukke se Varsitybekergroep:

Ryno Wepener, Tapiwe Mafura, Dean Stokes, Justin Newman, Jimmy Mpailane, Elden Schoeman, Henko Marais, Jaap Pienaar, Khulu Mcuma, AK Nela, Julian Delicado, Lungelo Gosa, Schalk Hugo, Wessel Kuhn, Caleb Louw, Eugene Hare, Chriswill September, Jeandré Rudolph (kaptein), Marcel Henn, Boela Venter, Marno Redelinghuys Dolf van Deventer, Wandile Mazibuko, Loftus Morrison, Jaco Swanepoel, Walt Steenkamp, Dewald Dekker, Kabelo Motloung, Mogau Mabokela, Botter Moloto, Morné Strydom, Nico van Tonder, Louis van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi, Dane van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button