SportSport

Foto’s: Volkies se Interhuis sorg vir groot pret onder die son

Omtrent net so helder en skerp soos wat die son verlede Vrydag (20 Januarie) geskyn het, het Volkies se atlete op die Puk McArthur-atletiekbaan tydens hulle Groot Vyf Interhuis hulle talente ook helder en duidelik laat skyn. Die dag het vir groot pret gesorg met krete en gesang wat vanuit die hoofpawiljoen basuin het om …

Omtrent net so helder en skerp soos wat die son verlede Vrydag (20 Januarie) geskyn het, het Volkies se atlete op die Puk McArthur-atletiekbaan tydens hulle Groot Vyf Interhuis hulle talente ook helder en duidelik laat skyn. Die dag het vir groot pret gesorg met krete en gesang wat vanuit die hoofpawiljoen basuin het om die atlete op die veld na nuwe hoogtes aan te spoor.

Die Luiperds (Graad 8) het die Groot Vyf Interhuis gewen. Altesaam 10 nuwe rekords is ook gedurende die byeenkoms opgestel. Robbie de Villiers is vir sy uitstekende vorm in die 800- en 1500 meter beloon met die titels van beste senior baanatleet en Victor Ludorum. Mardi Swart het drie toekennings, naamlik beste junior baanatleet, beste junior veldatleet en Victrix Ludorum gekry. Lexton Matthews is as beste senior veldatleet aangewys.

Kyk die foto’s van die dag hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button