SportSport

Potch-Dorp nooi mans en dames rugbyspelers vir proewe

Potch Dorp Rugbyklub gaan weer hierdie komende rugbyseisoen gehalte rugby wil lewer en sal van krag tot krag wil gaan. Die bekende plaaslike rugbyklub is reeds druk besig met oefeninge en voorbereiding vir hulle komende wedstryd teen Kempton Park Rugbyklub se Wolwe op 18 Februarie. Volgens klubvoorsitter, Frank Redelinghuys, is enige rugbyspeler welkom om die …

Potch Dorp Rugbyklub gaan weer hierdie komende rugbyseisoen gehalte rugby wil lewer en sal van krag tot krag wil gaan.

Die bekende plaaslike rugbyklub is reeds druk besig met oefeninge en voorbereiding vir hulle komende wedstryd teen Kempton Park Rugbyklub se Wolwe op 18 Februarie.

Volgens klubvoorsitter, Frank Redelinghuys, is enige rugbyspeler welkom om die oefeninge by Potch Dorp se rugbyvelde langs Olënpark by te woon en hulself te bewys.

“Die proewe is op 11 Februarie en ons verwag vanjaar ‘n sterk groep spelers.

“Die sisteme is in plek en ek is optimisties oor die komende seisoen,” het hy genoem.

Proewe vir mans en damesrugbyspanne sal op Saterdag, 11 Februarie om 15:00 by die rugbyklub se velde plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button