Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Ferdies se atlete behaal tweede plek by Kleinskole Interhoër

Ferdies se blink atlete het by die onlangse Kleinskole Interhoër Atletiekbyeekoms bewys dat ure se oefeninge vrugte afwerp met ‘n uitstekende  algehele tweede plek tydens die byeenkoms. Curro Klerksdorp het die byeenkoms op 17 Februarie by die Puk McArthur Atletiekstadion aangebied met Hoërskool Ferdinand Postma Keurhofskool, Hoërskool Orkney, Hoërskool Wolmaransstad, en Goudwesskool wat deelgeneem het. …

Ferdies se blink atlete het by die onlangse Kleinskole Interhoër Atletiekbyeekoms bewys dat ure se oefeninge vrugte afwerp met ‘n uitstekende  algehele tweede plek tydens die byeenkoms.

Curro Klerksdorp het die byeenkoms op 17 Februarie by die Puk McArthur Atletiekstadion aangebied met Hoërskool Ferdinand Postma Keurhofskool, Hoërskool Orkney, Hoërskool Wolmaransstad, en Goudwesskool wat deelgeneem het.

Wolmaransstad het die byeenkoms met 991 punte gewen, teenoor Ferdies se 729 punte.

Ferdies het ook buitendien hulle tweede plek, ses atlete in die Interhoër se top 20 groep. Hulle is Tiaan Bell, Karin Kooij, Monique Lubbe, Nikkita van der Walt, Karli Beukes en Alyssa Manders. Manders was Ferdies se beste individuele atleet en het onder meer ‘n vierde plek vir haar vertonings in die verspring en naellope behaal.

Die dogters o.19 aflosspan van Ferdies was ook aan die brand gewees en het die Interhoër-rekord gebreek. Dawina Fransman, Chané Coetzee, Marnelle Leibrandt en Christelle Leibrandt het met doelgerigtheid as ‘n span saamgehardloop en hulle vaart vir al die jubelende Ferdies ten toon gestel.

Op die pawiljoen het Ferdies ook nie teleurgestel nie en Tsholofelo Menzi het die toekenning as die beste rasieleier gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button