SportSport

Driespelkampioenskap by Potchefstroom Rolbalklub hierdie Saterdag

Na die verskillende seksies in die Noordwes rolbal driespel- kampioenskap afgehandel is, pak die seksiewenners mekaar op Saterdag 4 Maart by die Potchefstroom Rolbalklub. Drie spanne van die klub sal in aksie wees. In die vroue-afdeling speel Corrie Breitenbach, Elly van Dijk en Minnie Swart teen Strathvaal se Helen Jansen, Marissa Knuppe en Moira Hill. …

Na die verskillende seksies in die Noordwes rolbal driespel- kampioenskap afgehandel is, pak die seksiewenners mekaar op Saterdag 4 Maart by die Potchefstroom Rolbalklub.

Drie spanne van die klub sal in aksie wees. In die vroue-afdeling speel Corrie Breitenbach, Elly van Dijk en Minnie Swart teen Strathvaal se Helen Jansen, Marissa Knuppe en Moira Hill. Breitenbach en haar span het hulle seksie gewen deur twee Klerksdorpspanne en Weermag te klop, Die wenner van die uitspeel speel in die halfeind teen Rose du Plessis, Brenda Palmer en Serlina Venter, wat hulle seksie gewen het met oorwinnings oor Klerksdorp, Mafeking en La Farge. Parys en Orkney speel in die ander halfeind.

Die derde span van Potchefstroom Dorp wat in aksie sal wees is Pierre Breitenbach, Pikkie Abbott en Smittie Smit wat teen die Buiteklub se Pieter Cloete, Jabu Nkosi en Meshack Kali sal uitspeel.

Breitenbach en sy span se slagoffers in die seksie was Klerksdorp, Buiteklub en Fochville. Pieter Cloete het sy jarelange ervaring saamgesnoer met die opkomende talente van Nkosi en Kali en in hulle seksie klaargespeel met spanne van Klerksdorp, Strathvaal en Weermag. Nog ses mansspanne sal om ‘n plek in die kwartfinaal meeding.

Tweebal Driespel is ‘n opwindende vorm van rolbal en toeskouers kan gerus ‘n draai by die Potchefstroom Rolbalklub, skuins agter Olënpark, gaan maak op Saterdag 4 Maart vanaf 09:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button