SportSport

Parys klop Potch in naelbyt Noordwes rolbaleindstryd

Verskeie rolbalkenners was dit eens dat die eindstryd in die senior vroue enkelspel tussen Potchefstroom Rolbalklub se Rose du Plessis en Parys se Lazuya Serfontein van die beste rolbal nog in ‘n Noordwes rolbaleindstryd opgelewer het. Nie een van die spelers wou besgee nie en het hou vir hou soos twee karperde gelyk getrek. In …

Verskeie rolbalkenners was dit eens dat die eindstryd in die senior vroue enkelspel tussen Potchefstroom Rolbalklub se Rose du Plessis en Parys se Lazuya Serfontein van die beste rolbal nog in ‘n Noordwes rolbaleindstryd opgelewer het.

Nie een van die spelers wou besgee nie en het hou vir hou soos twee karperde gelyk getrek. In die tweede laaste kop het Serfontein ‘n klein gaping oopgemaak maar Du Plessis het hardnekkig vasgeskop en het met onmoontlike aflewerings vorendag gekom.

In die laaste kop is die wit bal (kitty) verskeie kere geskuif om die puntetelling te verander maar dit was op die ou einde Serfontein wat die wenskoot gespeel het om met 21-18 te wen.

In die senior mans eindstryd het gene Hill van Strathvaal baie gemaklik gewen teen Louw Smith van Klerksdorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button