SportSport

Volkies is Noordwes T20 kampioene met welverdiende oorwinning teen Wollies

In een van die mees eensydige Noordwes Skole T20 eindstryde tot op datum, het Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan ‘n gemaklike nege paaltjie-oorwinning teen Hoërskool Wolmaransstad behaal. Die Noordwesfinaal het op Witrand se krieketvelde plaasgevind en uit die staanspoor was Volkies soos roofdiere om Wollies gewees. Dit het soms gevoel asof Wolmaransstad net oorleef …

In een van die mees eensydige Noordwes Skole T20 eindstryde tot op datum, het Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan ‘n gemaklike nege paaltjie-oorwinning teen Hoërskool Wolmaransstad behaal.
Die Noordwesfinaal het op Witrand se krieketvelde plaasgevind en uit die staanspoor was Volkies soos roofdiere om Wollies gewees. Dit het soms gevoel asof Wolmaransstad net oorleef met Volkies wat paaltjie na paaltjie ingesamel het.
Wollies kon slegs 44 almal uit in 17 boulbeurte aanteken. Louis van Schalkwyk en Le Roux White het albei ongelooflike boulontledings van 3/6 in vier boulbeurte behaal.
Cobus Crowther het ook soos gewoonlik sy naam onder die paaltjies gehad met ‘n manjifieke 3/12 in 3.2 boulbeurte.
Volkies het met jagluiperdspoed die klein teiken van 45 lopies in slegs 6.2 boulbeurte behaal. Johnré van Wyk het die enigste paaltjie vir Wollies geneem toe hy vir Vincent Viljoen vroeg vir 6 been voor paaltjie betrap het. Van Schalkwyk eindig op 24 nie uit nie, met Martin Fourie wat saam met hom (10*) vir Volkies na ‘n welverdiende sege neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button