Patria is koshuiskrieket konings
Patria Manskoshuis kan met reg sê dat hulle die koshuis krieketkonings van die NWU Pukke is, nadat hulle Veritas Manskoshuis in die 2017 20 beurt Koshuiskrieket-eindstryd op Senwes Park met 7 paaltjies gemaklik verslaan het. Patria se uitblinkers was Jan Oberholzer met 2/12 sowel as GM Bruwer (2/20) en SJ Loftie-Eaton wat met 2/7 bygedra …

Patria Manskoshuis kan met reg sê dat hulle die koshuis krieketkonings van die NWU Pukke is, nadat hulle Veritas Manskoshuis in die 2017 20 beurt Koshuiskrieket-eindstryd op Senwes Park met 7 paaltjies gemaklik verslaan het.
Patria se uitblinkers was Jan Oberholzer met 2/12 sowel as GM Bruwer (2/20) en SJ Loftie-Eaton wat met 2/7 bygedra het om Veritas tot ‘n baie lae 84/8 te beperk. Net Phillip Mare met 37 kon iets goed met die kolf vir Veritas regkry.
Patria se kolwers het nou weer in hulle beurt ook effens gesukkel met die aanvangskolwers, Loftie-Eaton en Bruwer wat albei vroeg terug pawiljoen toe gestuur is. Op 24/3 het Veritas geglo dat hulle miskien vir Patria kan stuit, maar die manne in blou het toe die lopies laat vloei met Jaco Hauptfleish (31) en Francois van Straten (31) wat Patria na ‘n oorwinning neem. Meyer Mare was Veritas se beste bouler met 2/13.












