SportSport

St.Stithians troef Volkies om T20 finaal te wen

Volkies se Nasionale Coca-Cola Skole T20 drome is verlede week verpletter toe hulle teen die nommer een skool in die land, St. Stithians, met 26 lopies verloor het. Hierdie Lions Franchisefinaal het op Donderdag 16 Maart op Senwespark plaasgevind. St Stithians het eerste gekolf en 148/7 aangeteken, hoofsaaklik danksy openingskolwer, Matt Erasmus se uitstekende onoorwonne …

Volkies se Nasionale Coca-Cola Skole T20 drome is verlede week verpletter toe hulle teen die nommer een skool in die land, St. Stithians, met 26 lopies verloor het.
Hierdie Lions Franchisefinaal het op Donderdag 16 Maart op Senwespark plaasgevind.
St Stithians het eerste gekolf en 148/7 aangeteken, hoofsaaklik danksy openingskolwer, Matt Erasmus se uitstekende onoorwonne 92.
Volkies moes gereken het dat hulle ‘n goeie kans het om die nodige 149 lopies te behaal, maar vroeg was hulle in ‘n penarie toe ster kolwer, Louis van Schalkwyk uitgehardloop is.
Die teleurstelling was daar vir almal om te sien toe Van Schalkwyk sy kolf rondswaai en die grenstoue uit frustrasie slaan voordat hy die veld spoedig verlaat het. Kaptein, Vincent Viljoen het sy bes met ‘n paar harde houe probeer, maar toe Volkies op 83/5 steier, was die koeël deur die kerk.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button