Buiteklub se Goue Oues wen die liga
Die naweek is die laaste wedstryd in die Noordwes senior Gross-liga in Orkney gespeel. Die span van die Potchefstroomse Buiteklub het as die wenners van die liga uit die stryd getree,nadat hulle gelykop geëindig het in die laaste wedstryd teen Lichtenburg. Die span het gewen teen Orkney, gelykop gespeel teen Rustenburg en en gewen teen …

Die naweek is die laaste wedstryd in die Noordwes senior Gross-liga in Orkney gespeel.
Die span van die Potchefstroomse Buiteklub het as die wenners van die liga uit die stryd getree,nadat hulle gelykop geëindig het in die laaste wedstryd teen Lichtenburg.
Die span het gewen teen Orkney, gelykop gespeel teen Rustenburg en en gewen teen Klerksdorp.
Die Potchefstroomse Buiteklub was weer bedrywig die afgelope week, met verskeie kompetisies wat aangebied is.
*Op Woensdag 15 Maart het die klub ‘n bonus bogey-kompetisie aangebied. Die uitslae was:
1e – Juan Combrinck met +5
2e – Johan Esterhuyse met +4
3e – Joe Wood met +3
*Vir Vrydag 17 Maart se nege putjie vleiskompetisie was die formaat IPS en die wenners was:
1e – Riaan Swart met 22 punte
2e – Joe Wood met 21 punte
3e – Willie Venter met 21 punte
*Die kompetisie op Saterdag 18 Maart is deur Klaas Wyma Makelaars geborg. Die formaat was IPS met ook pryse vir die beste gross tellings. Die uitslae was soos volg:
1e – Victor Havenga met 44 punte
2e – Michiel de Kock met 41 punte
3e – SP Campher met 39 punte
Die Gross-wenners was:
1e – Albert Britz met ‘n telling van 68
2e – AJ du Plessis met ‘n telling van 75



