SportSport

NWU Junior Swemklub in die pylvak

Swemmers van die NWU junior swemklub is tans besig om voor te berei vir die onderskeie jaarlikse nasionale- en streekskompetisies wat klubgebaseerd aangebied word. Die Suid-Afrikaanse nasionale swemkampioenskappe in Durban (3 – 8 April) , is die groot kampioenskap vir dié Puk-swemmers. Dit is ook die vertoonlokaal van die land se topswemmers. Hierdie kampioenskappe het …

Swemmers van die NWU junior swemklub is tans besig om voor te berei vir die onderskeie jaarlikse nasionale- en streekskompetisies wat klubgebaseerd aangebied word.

Die Suid-Afrikaanse nasionale swemkampioenskappe in Durban (3 – 8 April) , is die groot kampioenskap vir dié Puk-swemmers. Dit is ook die vertoonlokaal van die land se topswemmers.

Hierdie kampioenskappe het ‘n junior (tot ouderdom 19 jaar), senior (ope), asook paralimpiese-afdeling. Die NWU junior swemklub stuur 12 swemmers na die Vlak-3 en nege swemmers na die Vlak 2-kompetisie. Reynard Rossouw hou die PUK banier omhoog tydens die SANJ kampioenskappe, terwyl ses swemmers aan die Vlak 1-kompetisie deelgeneem het. Drie swemmers het gekwalifiseer om aan die nasionale swemkampioenskappe deel te neem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button