Gimmies goed op dreef in Pukreeks
Potchefstroom Gimnasium het die afgelope week in die PUK-reeks kragte gemeet teen Hoërskool Montana van Pretoria in Potchefstroom. Die eerste rugbyspan het hulle staal bewys met ‘n 38-25 oorwinning op die Mooivallei Sportterrein. Die jong o.15A span wat verlede jaar goeie sukses in die Beeldtrofee-reeks beleef het, het ook ‘n goeie 20-12 oorwinning behaal. Gimmies …

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope week in die PUK-reeks kragte gemeet teen Hoërskool Montana van Pretoria in Potchefstroom.
Die eerste rugbyspan het hulle staal bewys met ‘n 38-25 oorwinning op die Mooivallei Sportterrein. Die jong o.15A span wat verlede jaar goeie sukses in die Beeldtrofee-reeks beleef het, het ook ‘n goeie 20-12 oorwinning behaal.
Gimmies se netbaldogters was ook weer kookwater op die baan en al hulle A-spanne het al hulle wedstryde teen Montana gewen.
Hier is al die uitslae:
Rugby:
1ste wen 38-25, 2de wen 36-7, 3de wen 41-0, 4de wen 17-5, o.16A verloor 7-28, o.16B verloor 7-27, o.15A wen 20-12, o.15B wen 34-5, o.14A gelykop 26-26 en o.14B verloor 0-41.
Netbal:
1ste wen 31-20, 2de verloor 11-22, o.17A wen 36-9, o.17B wen 29-7, o.16A wen 16-15, o.16B wen 18-12, o.15A wen 26-6, o.15B verloor 8-20, o.14A wen 29-7 en o.14B wen 17-5.
Dogtershokkie:
1ste wen 6-0, 2de wen 2-0, o.16A wen 3-0, o.16B gelykop 1-1, o.15A verloor 2-3, o.15B verloor 0-5, o.14A wen 6-1 en o.14B verloor 0-4.
Seunshokkie:
1ste wen 8-0 en o.16 wen 6-2. o.14 wen 13-0 in vriendskaplike wedstryd.
Tennis:
Die seniors wen 51-12 en die juniors wen 43-20.
Skaak:
Die seniors verloor 4-6 en die juniors wen 6-4.



