SportSport

Noordwes rolbal segemengde pare kampioenskap begin

Potchefstroom Rolbalklub en die Buiteklub (PCC) se rolbalklub is Saterdag gashere vir die eerste wedstryde in die Noordwes rolbal se gemengde pare kampioenskap. 53 pare, waaronder 19 egpare, het ingeskryf. Weermag se rolbalklub het drie pare ingeskryf, Potchefstroom Dorp een paar en die Buiteklub vier pare. Die Weermag- pare is Sega Mokoto en Solly Molefe, …

Potchefstroom Rolbalklub en die Buiteklub (PCC) se rolbalklub is Saterdag gashere vir die eerste wedstryde in die Noordwes rolbal se gemengde pare kampioenskap.

53 pare, waaronder 19 egpare, het ingeskryf. Weermag se rolbalklub het drie pare ingeskryf, Potchefstroom Dorp een paar en die Buiteklub vier pare. Die Weermag- pare is Sega Mokoto en Solly Molefe, Maria Modisadife en Bennie Syster en Baby Mojanaga en Mike Letebele.

Jean en Rose du Plessis verteenwoordig die Potchefstroom Rolbalklub.

Die vier pare van die Buiteklub is Ian en Hannetjie Nieuwoudt, Oelof Visser en Jackie Scheepers, Jan Koekemoer en Hettie de Beer en Helena Koekemoer en Jakkie Bezuidenhout. Die onderskeie seksiewenners speel oor die naweek van 5 en 6 Mei in die finale rondes by ‘n klub wat nog bepaal sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button