NewsNews

Wat dink Potchefstromers oor Buchan byeenkoms?

Die “It’s Time” byeenkoms wat die naweek op ʼn plaas naby Bloemfontein plaasvind word gesien as die grootste byeenkoms van sy soort.

Die “It’s Time” byeenkoms wat die naweek op ʼn plaas naby Bloemfontein plaasvind word gesien as die grootste byeenkoms van sy soort.

Angus Buchan het in Februarie al aangekondig dat hy God se stem gehoor het om Suid Afrikaners bymekaar te roep. Daar word beoog om 1 miljoen mense bymekaar te bring om vir die land te bid. Plaaslik is busse gereël vir mense om die byeenkoms by te woon.

Talle mense is baie opgewonde oor wat beplan word. Kaartjies vir die kampterrein word teen R50 per persoon verkoop. Hoewel daar nie toegang gevra word vir die byeenkoms self nie. Vir die wat dit nie kan maak Bloemfontein toe nie, is daar verskeie ander plekke vir mense om saam te bid. Thabela Thabeng in die koepel asook die West View Methodist kerk in Centurion het al laat weet dat mense daar ook bymekaar kan kom.

Tog is daar mense wat nie so opgewonde is oor die byeenkoms nie. Pieter Olivier van Bethlehem het aan netwerk24 geskryf dat Christene liefs in hulle gemeente moet gaan bid.

“Die logistiek laat my wonder of dit nodig is. Wie vind finansieel hierby baat? My gevoel is dus: Bly tuis, bid in jou eie kerk in jou eie taal en gee 10% van bogenoemde bedrag vir barmhartigheidsdiens.” het Olivier in sy brief gesê.

SPJ du Toit, het op Olivier se brief geantwoord, “Pieter gaan jy maar na jou eie kerk en los die Christene uit wat reisgeld tyd en moeite doen om te gaan en hulself saam met een miljoen Christene hulle voor God te verootmoedig en vir ons land te bid, jy sal nog die resultate sien,”

 

Wie gaan almal die byeenkoms bywoon? Wat dink ander Potchefstromers van Buchan se beplande massagebed?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button