SportSport

10 uit 10 vir Luiperds se losskakel teen Vrystaat

Dit was ‘n storie van twee helftes op Olënpark vanaand met die Luiperds wat ‘n noue 37-32 oorwinning teen ‘n begeesterde Vrystaatspan in vanaand (5 Mei) se Supersport-Uitdaagtoernooi behaal het. Die Luiperds se losskakel Schalk Hugo was die held met die bal in die hand en met sy skopskoen was daar ook niks verkeerd nie, …

Dit was ‘n storie van twee helftes op Olënpark vanaand met die Luiperds wat ‘n noue 37-32 oorwinning teen ‘n begeesterde Vrystaatspan in vanaand (5 Mei) se Supersport-Uitdaagtoernooi behaal het.

Die Luiperds se losskakel Schalk Hugo was die held met die bal in die hand en met sy skopskoen was daar ook niks verkeerd nie, vir ‘n perfekte 100 persent rekord en 22 punte onder sy naam.

Die Luiperds is nou nog steeds onoorwonne in die toernooi en sal nou met nog meer momentum vir die Haaie in hulle volgende wedstyd volgende naweek kan takel.

Net so goed soos die Luiperds begin het, het hulle swak geëindig en weereens het hulle laaste 40 minute se rugby hulle in die steek gelaat. Vrystaat het wel ook begin beter speel maar as n span ‘n 22-punt voorsprong het dan wil jy dit natuurlik behou of nog verder vergroot.

Die Luiperds het honger uit die blokke gespring en na skaars een minuut kon Marno Redelinghuys oorduik vir ‘n drie om die skare  van die staanspoor af te laat juig. Schalk Hugo verdoel en dit is 7-0 in die tuisspan se guns.

Skaars minute later is Hugo oor na ‘n goeie agterlynbeweging om die puntevoorsprong te verdubbel na 14-0. Die Luiperds was warm, maar Vrystaat kon steeds nie onderskat word nie. Heinrich Bitzi het na Vrystaat vir lank gebiedsvoordeel gehad het, uiteindelik die besoekers se eerste punte met ‘n strafskop aangeteken.

Net toe Vrystaat op dreef begin kom het Luiperdsvleuel, Gene Willemse gaan onderskep en vir Hugo nog ‘n maklike doelskop onder die pale besorg.

Willemse het weer witlynkoors gekry in die 30ste minuut en skielik was het die Luiperds ‘n behoorlike 28-6 voorsprong gehad. Twee vinnige driee van die Vrystaat  en dit is 28-20 teen halftyd in die Luiperds se guns.

Die tweede helfde was baie meer takties en die span met die beste verdediging sou deurdruk vir die wen. Daar was minder gapings en altwee spanne het meer van ‘n skaakstryd gevoer. Die Luiperds het eerste punte gaan aanteken danksy Hugo se skopvoet. Vrystaat het wel meer balbesit gehad en daardie ekstra druk het aan hulle die eerste drie van die tweede helfde besorg toe Jacques du Toit oor is. Dit was nou net ‘n 6 punt voorsprong vir die Luiperds wat in die afgelope 30 minute slegs 3 punte kon aanteken.

Sake het ook verswak toe Redelinghuys ‘n geelkaart gekry het. Die Luiperds het toe diep begin grawe en op kritieke tye met uitstekende werk by die losgemaal strafskoppe in hulle guns veroorsaak. Hugo se derde strafskop met 10 minute speeltyd het die Luiperds se voorsprong na 13 punte toe geskuif – ‘n ongelukkig 13 vir die Vrystaat wat toe die knie ten spyte van ‘n drie in die doodsnikke die knie moes buig.

 Punte:

Luiperds  – 37 (28)

Driee: Gene Willemse (2), Schalk Hugo, Marno Redelinghuys.

Doelskoppe: Hugo (4)

Strafskoppe : Hugo (3)

Vrystaat – 32 (20)

Drieë: Justin Basson, Rayno Benjamin, Jacques du Toit, Ali Mgijima

Doelskoppe: Bitzi (3)

Strafskoppe: Heinrich Bitzi (2)  

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button