SportSport

Volkies se eerste rugbyspan val vas teen KHS, Gimmies oorwin vir Wesvalia

Dit is weer tyd vir die Noordwesliga waar die provinsie se beste rugbyskole teen mekaar meeding vir ‘n plek in die Noordvaal Virseker-trofee. Natuurlik sal die wenspan in dié Noordwesliga ook die Jacob Wilkens-trofee lig. Hoërskool Lichtenburg is die huidige kampioene. In die eerste rondte vanjaar het Potchefstroom Gimnasium teen Hoërskool Wesvalia te staan gekom …

Dit is weer tyd vir die Noordwesliga waar die provinsie se beste rugbyskole teen mekaar meeding vir ‘n plek in die Noordvaal Virseker-trofee.
Natuurlik sal die wenspan in dié Noordwesliga ook die Jacob Wilkens-trofee lig.
Hoërskool Lichtenburg is die huidige kampioene. In die eerste rondte vanjaar het Potchefstroom Gimnasium teen Hoërskool Wesvalia te staan gekom terwyl Hoër Volkskool Potchefstroom vir Hoërskool Klerksdorp aangepak het. Gimmies se eerstespan het 21-17 gewen terwyl Volkies met 18-24 teen KHS verloor het.
Dagboek solank nou al jou kalender vir 27 Mei wanneer Volkies en Gimmies in die tradisionele FNB Classic Clash gaan slaags raak.
Gimmies se uitslae teen Wesvalia op Maandag 15 Mei was as volg:
•1ste wen 21-17
•2de wen 19-12
•3de wen 27-0
•4de kry punte
•o.16A verloor 17-43
•o.16B verloor 0-34
•o.15A verloor 14-21
•o.15B wen 26-12
•o.14A wen 7-0
•o.14B verloor 0-29

Foto’s: Maritha van Zyl

Volkies se uitslae teen KHS op Saterdag 13 Mei:
Eerstes verloor 18-24
Tweedes wen 17-6
Derdes wen 12-7
o.16 B wen 21-12
o.16 A verloor 19-29
o.15 B verloor 12-17
o.15 A verloor 0-35
o.14 B wen 17-5
o.14 A wen 26-19

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button