SportSport

Stryd van die grotes hierdie Saterdag in Classic Clash

Potchefstroom gaan hierdie naweek tot ‘n stilstand kom met die Gimmie-Volkie FNB Classic Clash wat vanaf 26-27 Mei weer skolesportliefhebbers in vervoering gaan bring. Almal weet dat daar net een groot wenner kan wees en die naweek se netbal, hokkie en rugbywedstryde sal vir elke Gimmie of Volkie groot vreugde of teleurstelling bring. Niks minder …

Potchefstroom gaan hierdie naweek tot ‘n stilstand kom met die Gimmie-Volkie FNB Classic Clash wat vanaf 26-27 Mei weer skolesportliefhebbers in vervoering gaan bring.

Almal weet dat daar net een groot wenner kan wees en die naweek se netbal, hokkie en rugbywedstryde sal vir elke Gimmie of Volkie groot vreugde of teleurstelling bring.

Niks minder as die groot eerstespanrugbywedstryd wat Saterdag op Volkskool se A-veld die groot trekpleister van die naweek sal wees nie. Niks maak meer saak vir hierdie  twee  skole  as  om breëbors vir die res van die jaar rond te loop as die wenners van die groot rugbystryd nie – soms is dit die enigste uitslag wat werklik saakmaak.

Verlede jaar het Volkies naelskraap met 18-17 feesgevier danksy  twee  drieë van Henry “Half-Jack” Campher. Campher is vanjaar Volkies se rugbykaptein en glo dat Volkies onder sy leierskap weer Gimmies op hulle tuisveld kan troef.

“Die Gimmie-Volkie wedstryd is die hoogtepunt van die jaar. Jy berei jou hele jaar voor daarvoor, almal om jou is opgewonde daaroor en dit is altyd goeie rugby. Jy moet bereid wees om als te gee op die veld. Die span wat dit die graagste wil hê sal oorwin,” het hy gesê. “Ons is ‘n baie jong span, maar soos die wedstryde aangegaan het, het ons mekaar leer vind. Ons is nou op ‘n baie goeie plek waar almal met mekaar gel en ons goeie rugby speel.

Ons het julle gille nodig hierdie Saterdag om ons deur te druk,” het Campher gesê.

Volgens Gimmies se eerstespan rugbykaptein, George van der Westhuizen is sy span ook meer as gereed vir die strawwe kragmeting en sal graag die bordjies vanjaar wil verhang.

“Ons is nou besig om goeie vorm te kry noudat die wiele aan die rol is. Ons het ons eerste Noordwesliga wedstryd teen Wesvalia gewen en ons sien uit na die wedstryd teen Volkies. Die kompetisie en atmos-feer is altyd ongelooflik. “Ons span gaan wen deur 70 minute vir mekaar te speel. Ons gaan ook as broers moet speel en alles op die veld Saterdag los.   Ons vra al die Gimmie ondersteuners, ouers en onderwysers om die rooi pawiljoen blou te sit,” het ‘n selfversekerde Van der Westhuizen genoem.

Henry Campher en George van der Westhuizen
Henry Campher en George van der Westhuizen

Albei spanne het gedugte voorspelerpakke met Gimmies se Arno Gustafson wat veral vanjaar uitblink. Volkies se Kobus Burger sal ‘n gedugte teenstander in die skrums wees en Burger se vaardighede met die bal in hand sal ook ‘n groot pluspunt vir Volkies wees. Op slot sal Gimmies se kaptein George van der Westhuizen en Marnus Putter met hul lengte ‘n groot faktor in die lynstane wees. So ook sal Volkies seLuhan Dreyer en Jacques Gouws.

Volkies se groot wapen sal natuurlik weer hulle ster losskakel Hanru van Rooyen wees, wat op datum die beste rugby van sy loopbaan speel. Van Rooyen se skopvoet sal juis deurslaggewend in ‘n naelbytwedstryd wees.

Gimmies se ander groot aanwins is hulle vuurwarm agtyerlyn met die senterpaar Edrich Cronje en Mitchelle van der Merwe wat gate in enige verdediging kan hardloop.

Dié wedstryd skop om 13:00 af en geen Potchefstromer behoort hierdie rugbyskouspel mis te loop nie.

Hier is die bepalings:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button