SportSport

HTS Potchefstroom wil weer met rugby in Luiperdsliga brul

HTS Potchefstroom speel nou weer in die Luiperds Middelskole-liga na ‘n lang tydperk uit die hoof Luiperdsskole liga-sisteme uit. Die afgelope paar jaar het HTS net vriendskaplike wedstryde en die tradisionele FNB Classic Clash wedstryde teen Potchefstroom Boys High gespeel. Hierdie jaar is daar besluit dat HTS, alhoewel hulle nog ‘n jong span het, teen …

HTS Potchefstroom speel nou weer in die Luiperds Middelskole-liga na ‘n lang tydperk uit die hoof Luiperdsskole liga-sisteme uit.

Die afgelope paar jaar het HTS net vriendskaplike wedstryde en die tradisionele FNB Classic Clash wedstryde teen Potchefstroom Boys High gespeel.

Hierdie jaar is daar besluit dat HTS, alhoewel hulle nog ‘n jong span het, teen groter en meer tradisionele rugbyskole te staan gaan kom om sodoende hulle rugby weer op die been te bring.

Onder die gesoute rugbyafrigter by HTS, Lappies Labuschagne en Fanie Beeslaar, wil HTS se eerstespan weer die Wit Leeus se naam daar buite kry as ‘n kompetrende rugbyspan.

Beeslaar (voorspelers) en Labuschagne (agterspelers) en Corrie Smit (spanbestuurder) is betrokke by die eerstespan en tot dusver het daar goeie vordering die afgelope paar maande plaasgevind.

HTS se eerstespan het die seisoen goed begin met ‘n 25-9 oorwinning teen HTS Potchefstroom, maar het toe in die tweede wedstryd teen Hoërskool Schweizer-Reneke met 32-15 verloor.

In die derde wedstryd teen Wolmaransstad het HTS met 27-55 verloor en in die vierde wedstryd net-net met 31-21 teen ‘n baie sterk Zeerust-span vasgeval.

“Ek dink daar vind baie meer ontwikkeling hierdie jaar plaas omdat ons fisies sterker skole speel.

‘n Mens moet nie verwag dat ons direk in ons eerste seisoen terug die liga gaan wen nie. Dit gaan ‘n groeiproses vat,” vertel Beeslaar, wat glo dat die skool se eerstespan oor drie jaar vir die trofee sal kan meeding.

HTS Potchefstroom speel vanjaar teen Schweizer-Reneke, HTS Klerksdorp, Hoërskool Wolmaransstad, Hoërskool Zeerust, Hoërskool Grenswag en HTS Rustenburg.

“Ek sal tevrede wees as een van ons spanne in die semi-finale sal speel vanjaar, net om daardie blootstelling te kry.”

Kyk die foto’s hier van HTS Potch se wedstryd teen Wolmaransstad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button