SportSport

Meestersatletiek stel nuwe voorsitter aan

Meestersatletiek se nuwe bestuur in Sentraal Noordwes voer groot planne in die mou. Die provinsie se eerste algemene jaarvergadering het verlede week by die Noordwes-Universiteit se Hoë-prestasie Instituut vir Sport plaasgevind, waartydens die volgende bestuur verkies is:  Carmen Meyer (voorsitter), Theuns Naudé (ondervoorsitter) met Jan Prinsloo as ontwikkeling/skakelbeampte. Sentraal Noordwes is die jongste provinsie wat …

Meestersatletiek se nuwe bestuur in Sentraal Noordwes voer groot planne in die mou.

Die provinsie se eerste algemene jaarvergadering het verlede week by die Noordwes-Universiteit se Hoë-prestasie Instituut vir Sport plaasgevind, waartydens die volgende bestuur verkies is:  Carmen Meyer (voorsitter), Theuns Naudé (ondervoorsitter) met Jan Prinsloo as ontwikkeling/skakelbeampte. Sentraal Noordwes is die jongste provinsie wat by Suid-Afrikaanse meestersatletiek geregistreer is. Hoewel die provinsie reeds verlede jaar ‘n werklikheid geword het, het dit nou eers amptelik beslag verkry.

Die gedagte is om met ‘n wye bekendstellingsveldtog te begin en om veral jonger atlete van alle rasse te werf en om sodoende die provinsie groter slaankrag tydens byeenkomste te gee. Volgens Carmen beskik die provinsie oor geweldig baie talent, maar dit moet gegenereer word.

“Daar bestaan ook die mite dat meestersatletiek vir oumense is en dit is geensins die geval nie.

“Van ons beste atlete in Suid-Afrika bereik op hul laat twintigerjare steeds hoogtepunte en meestersatletiek is juis vir atlete van dertig jaar en ouer.

“Ons is daarvan bewus dat baie atlete onder die indruk verkeer dat hulle loopbane hier in die laat twintigs tot ‘n einde kom, maar dit is heeltemal verkeerd, omdat ‘n tweede geleentheid gebied word  om nie net op plaaslike vlak nie, maar ook op internasionale vlak verder te presteer,” sê Carmen.

“Die fokus is nou op die vestiging van meesters in Sentraal Noordwes sodat daar duidelike begrip is oor hoe ver ons kan uitreik en om Potchefstroom as ideale plek te vestig waar byeenkomste ook voortaan aangebied kan word. Heelwat navrae is in die verlede ontvang van potensiële atlete maar om byeenkomste in Pretoria of Johannesburg by te woon, was ‘n groot probleem.

Sover die nuwe bestuur betref, sit Sentraal met wêreldklas atlete in die persone van Carmen wat algemeen in Suid-Afrika bekend is, Theuns Naude wat reeds drie maal wêreldkampioen was in gewigoptel en talle kere Suid-Afrikaanse meestersrekords in die diskus en hamergooi opgestel en verbeter het en wat tans op 74-jarige ouderdom een van die beste afrigters in verskeie sportsoorte is.

Jan Prinsloo het Springbok rugbykleure in League verwerf en presteer deesdae ook flink op die atletiekbaan. Persone en atlete wat meer omtrent Sentraal Noordwes meestersatletiek wil weet of wil aansluit, kan gerus hul besonderhede aan SNWMA rig, deur die volgende e-pos te gebruik: thuso17@gmail.com

Die kantoor van Sentraal Noordwes Meesters is by die Hoe-prestasie Instituut.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button