SportSport

HTS se rugbyseuns in groot halfeindstryde betrokke Saterdag

HTS Potchefstroom se rugbyspanne het vanjaar bo verwagting in hulle eerste jaar terug in die Luiperds Middelskool-liga presteer en gaan hierdie naweek in die halfeindstryde in Schweizer-Reneke speel. Drie spanne wat die eerste-, tweede- en o.15-span insluit, gaan hulle bes probeer om hierdie naweek groot oorwinnings te behaal en hul bekerdroom lewe te gee. HTS …

HTS Potchefstroom se rugbyspanne het vanjaar bo verwagting in hulle eerste jaar terug in die Luiperds Middelskool-liga presteer en gaan hierdie naweek in die halfeindstryde in Schweizer-Reneke speel.

Drie spanne wat die eerste-, tweede- en o.15-span insluit, gaan hulle bes probeer om hierdie naweek groot oorwinnings te behaal en hul bekerdroom lewe te gee.

HTS se eerstepan gaan ‘n moeilike taak hê om Schweizer Reneke op hulle tuisveld te klop, maar met hul twee Luiperds Cravenweekspelers, Pitso Mosia en Lwazi Gumedze, kan die taak makliker wees. Die tweede span kom teen Hoërskool Zeerust te staan, terwyl die o.15’s met hulle jeugdige opgewondenheid teen Hoërskool Wolmaransstad vir ‘n plek in die eindstryd gaan baklei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button