Puk se SA karatekas mik vir 18 agtereenvolgende USSA-titels
NWU Pukke se karatemeester, Johan van Tonder en sy begaafde jong karatekas, het weer bewys dat harde werk, opoffering en talent in dié sport ‘n mens ver bring. Twee karatekas van Puk Karate het onlangs puik presteer tydens die Zone 6 kampioenskappe in Mosambiek. Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek en Angola het aan hierdie hoogs …

NWU Pukke se karatemeester, Johan van Tonder en sy begaafde jong karatekas, het weer bewys dat harde werk, opoffering en talent in dié sport ‘n mens ver bring.
Twee karatekas van Puk Karate het onlangs puik presteer tydens die Zone 6 kampioenskappe in Mosambiek.
Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek en Angola het aan hierdie hoogs kompeterende toernooi deelgeneem.
Coenraad Berrange het in die o.21 jaar kumite-afdeling ‘n silwer medalje gewen en was deel van die senior span kumite en het hier ook ‘n silwer medalje verower.
Brandon Shepherd het in die senior kata-afdeling ‘n brons medalje gewen, ‘n brons in die o.60 kg senior kumite en hy was ook deel van die senior mansspan-kumite waar hulle ‘n silwer medalje ingepalm het.
Brandon en Coenraad is ook in die Puk Karatespan ingesluit wat hul USSA titel vir die 18e keer in ‘n ry gaan verdedig tydens die USSA-toernooi wat die naweek in Pretoria plaasvind.



