Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Hou gerus hierdie ysterspan van Volkies dop vanjaar

Volkies se o.16A-span kan gerus met ‘n Arendsoog dopgehou word. Hierdie span het weer bewys watter ysterspan hulle vanjaar is, met ‘n indrukwekkende 43-12 oorwinning oor Wesvalia op die Mooivallei Sportterrein op Saterdag 24 Junie. In hierdie halfeindstryd was Volkies te sterk vir hul Klerksdorp-opponente en al was Wesvalia vroeg in die wedstryd met 9-3 …

Volkies se o.16A-span kan gerus met ‘n Arendsoog dopgehou word.

Hierdie span het weer bewys watter ysterspan hulle vanjaar is, met ‘n indrukwekkende 43-12 oorwinning oor Wesvalia op die Mooivallei Sportterrein op Saterdag 24 Junie. In hierdie halfeindstryd was Volkies te sterk vir hul Klerksdorp-opponente en al was Wesvalia vroeg in die wedstryd met 9-3 voor, het Volkskool se jong krygers na hul eerste drie begin beheer neem. Volkies se staatmakers was onder meer Jannie Claassens en Stephan van Niekerk wat die agterlyn goed op dreef gehou het.

Ander uitslae:

o.14B: Volkies 26 – Wesvalia 22

o.16B: Volkies 40 – KHS 12

3de: Volkies 10 – Gimmies 14

2de: Volkies 13 – Lichtenburg 32

Hier is foto’s van Volkies se o.16A-span teen Wesvalia: Foto’s – Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button