Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Volkies bied splinternuwe tweedespan kriekettoernooi aan

Die eerste o.15B- en tweedespan-toernooi in sy soort is vanaf 12-  15 Julie in Potchefstroom aangebied, met Volkies wat as gasheer van die toernooi gedien het. Hierdie toernooi is op die o.15B- en 2de-spanne van Volkies, Gimmies, Afrikaans Hoër, Monument, EG Jansen en Montana gefokus om speelkans en blootstelling vir hierdie spelers te gee. Spanne …

Die eerste o.15B- en tweedespan-toernooi in sy soort is vanaf 12-  15 Julie in Potchefstroom aangebied, met Volkies wat as gasheer van die toernooi gedien het.

Hierdie toernooi is op die o.15B- en 2de-spanne van Volkies, Gimmies, Afrikaans Hoër, Monument, EG Jansen en Montana gefokus om speelkans en blootstelling vir hierdie spelers te gee. Spanne het ‘n T20 en drie 50-beurt wedstryde op die velde van Volkies, Gimmies en Potch Primary gespeel. Spelers is in die bekende Elgro Hotel gehuisves, wat hulle verblyf hier in Potchefstroom baie spesiaal gemaak het.

Alhoewel Volkies se 2de-span baie geleer het met die strawwe kompetisie, het Volkies se o.15B-span slegs die knie moes buig teen Affies. Hulle het hul wedstryde teen Monument, EG Jansen en Montana oortuigend gewen.

Aangesien besoekende spanne reeds laat weet het dat hulle volgende jaar verseker weer deel van hierdie toernooi gaan wees, is dit duidelik dat hierdie ‘n baie suksesvolle toernooi was en ‘n positiewe krieket inspuiting vir Potchefstroom en Noordwes is.

Hier is foto’s van Volkies se tweedespan wedstryd teen Affies. (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button