SportSport

Secunda lê nou vir Gimmies se eerste rugbyspan voor

Na ‘n oortuigende oorwinning in Potchefstroom Gimnasium se Virsekerbeker kwalifiserende stryd teen Hoërskool Ben Vorster met 45-27, lê ‘n kwartfinaal teen Hoërskool Secunda nou voor. Dit gaan nie ‘n maklike stryd wees nie, met Gimmies wat na Secunda toe sal moet reis om hierdie geharde manne aan te vat. Tog kan Gimmies staatmaak op hulle …

Na ‘n oortuigende oorwinning in Potchefstroom Gimnasium se Virsekerbeker kwalifiserende stryd teen Hoërskool Ben Vorster met 45-27, lê ‘n kwartfinaal teen Hoërskool Secunda nou voor.

Dit gaan nie ‘n maklike stryd wees nie, met Gimmies wat na Secunda toe sal moet reis om hierdie geharde manne aan te vat. Tog kan Gimmies staatmaak op hulle sleutelspelers soos Dirkie Louw, George van der Westhuizen, Waldouw Smit en Arno Gustafson om die wa deur die drif te trek.

Verlede week teen Ben Vorster het Gimmies op alle silinders gevuur in die eerste 20 minute maar het later ‘n paar sagte drieë afgestaan. Solank Gimmies se verdediging rotsvas is, sal hulle aanvallende patroon in werking tree en sal vinnige balle tot hulle voordeel wees. Danie Boshoff was juis ‘n woelwater op skrumskakel teen Vossies en sal sy goeie vorm teen Secunda wil voortsit.

Indien Gimmies vir Secunda klop, sal hulle teen Hoërskool Dinamika van Alberton of Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark speel. Gimmies se eersterugbyspan is nou die enigste Noordwes-span oor wat ‘n titel kan verower, nadat al die ander NW-spanne in die verskeie ouderdomsgroepe uitgeskakel is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button