SportSport

Plaaslike skopbokser wen Super-Am titel

‘n Jong opkomende skopbokser van KFA Kickboxing Potchefstroom het einde verlede maand naam gemaak met ‘n groot oorwinning. Heinrich Schutte het op Saterdag 29 Julie die o.71 kilogram volle kontak Super-Amateur-titel gewen met ’n uitklophou in die derde ronde. Dit was tydens ’n Fight Night, waar Suid-Afrika teen Kanada baklei het. Suid-Afrika het agt  van …

‘n Jong opkomende skopbokser van KFA Kickboxing Potchefstroom het einde verlede maand naam gemaak met ‘n groot oorwinning.

Heinrich Schutte (links) en sy afrigter, Sensei Johan van der Schyff vier sy oorwinning.
Heinrich Schutte (links) en sy afrigter, Sensei Johan van der Schyff vier sy oorwinning.

Heinrich Schutte het op Saterdag 29 Julie die o.71 kilogram volle kontak Super-Amateur-titel gewen met ’n uitklophou in die derde ronde. Dit was tydens ’n Fight Night, waar Suid-Afrika teen Kanada baklei het. Suid-Afrika het agt  van die 11 gevegte gewen. Algeheel het KFA Kickboxing Potchefstroom 12 Suid-Afrikaanse-, drie internasionale- en nou die Super-Amateur kampioen ook opgelei.

Vir nadere besonderhede kontak Sensei Johan van der Schyff by 082 853 4824.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button