SportSport

VIDEO: Wie onthou die modderbad tussen die All-Blacks en Wes-Transvaal op Olënpark?

As daar ooit een ikoniese wedstryd met ‘n internasionale toerspan op Olënpark onthou word, dan spring die All Blacks se modderbadstryd op ‘n Dinsdagmiddag teen Wes-Transvaal op 20 Augustus 1996 dadelik in klomp Potchefstromers se geheue in. Die kanse is min dat ‘n volsterkte All Blacks-span weer Olënpark se veld sal betree en vir Potchefstromers was …

As daar ooit een ikoniese wedstryd met ‘n internasionale toerspan op Olënpark onthou word, dan spring die All Blacks se modderbadstryd op ‘n Dinsdagmiddag teen Wes-Transvaal op 20 Augustus 1996 dadelik in klomp Potchefstromers se geheue in. Die kanse is min dat ‘n volsterkte All Blacks-span weer Olënpark se veld sal betree en vir Potchefstromers was die kans om rugbysterre soos Carlos Spencer, Jonah Lomu, Taine Randell en nog ander te sien was absoluut onmisbaar.

Die Herald van 23 Augustus 1996 berig dat ‘n groot Donderstorm net voor die hoofwedstryd toegesak het met 55 mm reën wat die veld in ‘n groot plaasdam laat ontaard het. Nietemin het hierdie twee spanne modder geproe en so in die grond baljaar dat die beste OMO-waspoeier nikswerd was.

Die berig wat in Potchefstroom Herald op die agterblad van 23 Augustus 1996 verskyn het.
Die berig wat in Potchefstroom Herald op die agterblad van 23 Augustus 1996 verskyn het.

Wes-Transvaal bekendes soos DP Swart, Eugene Hare en Wynand Lourens het dié superspan aangedurf en moes op die ou einde met 31-0 verloor.

Dalk is dit ‘n goeie idee om weer ‘n groot toerspan soos die hedendaagse All-Blacks teen die Luiperds in ‘n toerwedstryd op Olënpark te sien speel. Dink net hoe lekker sal dit nie wees om Beauden Barrett, Kieran Read en Brodie Retallick in Potch te kan aanskou nie.

Kyk die video van die wedstryd hier:

https://www.youtube.com/watch?v=FT-dAAh6yeI

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button