SWD Arende wil opskudding vanmiddag teen Luiperds veroorsaak
‘n Mens kan nie die SWD Arende onderskat wanneer hulle vanmiddag al die pad van George in die Suid-Kaap na Potchefstroom reis om die Luiperds in die eerste Curriebeker Eerste Divisie wedstryd van die seisoen kom aanvat nie. Op Olënpark gaan die Arende om 16:00 teen die Luiperds kragte meet en daar kan dalk ‘n …
‘n Mens kan nie die SWD Arende onderskat wanneer hulle vanmiddag al die pad van George in die Suid-Kaap na Potchefstroom reis om die Luiperds in die eerste Curriebeker Eerste Divisie wedstryd van die seisoen kom aanvat nie.
Op Olënpark gaan die Arende om 16:00 teen die Luiperds kragte meet en daar kan dalk ‘n paar spelers wees wat hulle merk gaan maak in die groen en wit truie.
Die Arende beskik oor ‘n paar ervare spelers soos Davon Raubenheimer, wat al Super Rugby ervaring onder sy knieg saam met die Cheetahs het. Raubenheimer het sy rugbyloopbaan by SWD begin voor hy Noord geskuif het vir ‘n paar seisoene en nou bevind hy hom sedert 2014 in sy tuisunie se klere. Dié 33-jarige flank en Knysna boorling kan met sy krag en spoed probleme veroorsaak.
‘n Ander bekende is die plaasvervanger losskakel Johnny Welthagen, wat vroeër een van Pukke se indrukwekkendste spelers in die Varsitybeker was. Verwag dat hy met sy opkoms van die plaasvervangerbank weer in Potch sal wil naam maak. Tyler Fisher op buitesenter en Leighton Eksteen op heelagter sal ook fyn dopgehou moet word. SP Wessels en Wiehan Hay speel in hulle eerste wedstryde vir die unie.
Losskakel, Martin du Toit voer die span aan.
SWD Arende teen Luiperds: 1. Juandre Digue 2. Jan van der Merwe 3. SP Wessels (Debuut) 4. Wiehan Hay (Debuut) 5. Brendon Snyman 6. Freginald Africa 7. Janneman Stander 8. Davon Raubenheimer 9. Dillin Snel 10. Martin du Toit (K) 11. Adri Jacobs 12. Wilneth Engelbrecht 13. Tyler Fisher 14. Marlo Weich 15. Leighton Eksteen. Reserwes: 16. Jacques Vermaak 17. Luxolo Koza (Debuut) 18. Mzuvukile Sofisa (Debuut) 19. Cornell Hess 20. Dylan Peterson (Debuut) 21. Johnny Welthagen 22. Quaid Langeveldt.



