Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Jansen se onoorwonne 62 dra Gimmies deur na 5 paaltjie oorwinning teen Volkies

‘n Volkies kolfineenstorting en ‘n onoorwonne 62 van Gimmies se veelsydige Marco Jansen was die twee groot besprekingspunte van vandag se Noordwes u.19 Superliga-stryd tussen Volkies en Gimmies op die Gimmies Oval wat die tuisspan met 5 paaltjies gewen het. Jansen se 62 (101) was dalk nie oogeenlopend vinnig nie, maar hy was die anker …

‘n Volkies kolfineenstorting en ‘n onoorwonne 62 van Gimmies se veelsydige Marco Jansen was die twee groot besprekingspunte van vandag se Noordwes u.19 Superliga-stryd tussen Volkies en Gimmies op die Gimmies Oval wat die tuisspan met 5 paaltjies gewen het.

Jansen se 62 (101) was dalk nie oogeenlopend vinnig nie, maar hy was die anker wat Gimmies na ‘n oorwinning gelei het. Matthew Haupt het ook hier met ‘n blitsige 49 (25) goeie bystand gelewer.

Marco Jansen in aksie met die bal.
Marco Jansen in aksie met die bal. Sy 1/18 en 62* het Gimmies na ‘n oorwinning teen Volkies gelei. Foto: Wouter Pienaar.

Volkies het ondanks ‘n 90 lopie openingsvenootskap tussen Vincent Viljoen (52) en Louis van Schalkwyk (47) tot 185 almal uit geval , met geen ander kolwer wat meer as 20 lopies kon slaan nie. Hier was Vernon Charlund (3/28) en Francois Viviers (2/14) van die uitblinkers met die bal. Die Jansen tweeling, Marco (1/18) en Duan (2/18) was ook ekonomies met hulle linkerarm-boulwerk.

Louis van Schalkwyk het 47 aangeteken en was een van die Volkie-kolwers wat sterk gestaan het.
Louis van Schalkwyk het 47 aangeteken en was een van die Volkie-kolwers wat sterk gestaan het.

Volkies het hul beste probeer om in die wedstryd terug te kom, maar moes toekyk hoe Jansen sy span na ‘n oorwinning stuur. Volkies se beste boulers was André Taljaard met 2/19 van 10 boulberte en Van Schalkwyk met 2/29 van 10 boulbeurte.

Lees meer breedvoerig oor hierdie wedstryd sowel as die ander wedstryde tussen Gimmies en Volkies wat plaasgevind het in komende week se Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button