SportSport

Die Wilge se Zolile Nyatela blink uit met kolf en bal

Die Wilge se eerste krieketspan is besig om met die kolf en bal vuurwerke te verrig na twee oortuigende wenne teen Keurhof en Oom Paul die afgelope twee naweke. Teen Keurhof het Die Wilge met 9 paaltjies geseëvier en vir Oom Paul het hulle met 266 lopies van die veld af gespeel. Die wedstryd teen …

Die Wilge se eerste krieketspan is besig om met die kolf en bal vuurwerke te verrig na twee oortuigende wenne teen Keurhof en Oom Paul die afgelope twee naweke.

Teen Keurhof het Die Wilge met 9 paaltjies geseëvier en vir Oom Paul het hulle met 266 lopies van die veld af gespeel.

Die wedstryd teen Oom Paul wat op Saterdag 19 Augustus op Hoërskool Rustenburg se velde plaasgevind het, het Die Wilge die loot gewen en besluit om te kolf.

Na aanleiding van Die Wilge se groottotaal van 354 was dit ‘n wyse besluit. Hier het Kurtley Jones (84) en Zolile Nyatela (75) ‘n indrukwekkende 172 lopie vennootskap van slegs 155 balle gemaak Nyatela het sy speler van die wedstryd vertoning voortgesit met die bal in sy hand en 7/43 (9.3 beurte) behaal om Oom Paul Skool vir 88 uit te boender.

Teen Keurhof verlede Saterdag was Nyatela weer op sy stukke nadat Keurhof die loot gewen het en eerste gebruik van die kolfblad gemaak het. Toe Keurhof weer kyk het Nyatela hulle kolforde soos blits laat verkrummel met 4/19 (8 beurte). Ramolatudo Lubby staan sy boulmaat goed by met 3/30 in 7 beurte.

Nyatela moker 53 (30) en toe Keurhof hulle oë knip is die wedstryd verby en Die Wilge behaal hulle teiken van 71 lopies met 9 paaltjies oor.

Zolile Nyatela het twee vyftigtalle vir Hoërskool Die Wilge teen Oom Paul gemoker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button