SportSport

Pukke seil gemaklik deur teen VUT om onoorwonne rekord te behou

Die NWU-Pukke het hulle 100 persent rekord in vanjaar se Varsity Netbaltoernooi behou met ‘n 94-15 slagting van VUT Maandagaand in die Callie Human-saal in Bloemfontein. Die verskil in klas tussen Pukke en VUT was so wyd soos die Stille Oseaan. Die Pukke het met golwe van aanvallende spel nooit hulle teenstanders laat asemhaal nie. …

Die NWU-Pukke het hulle 100 persent rekord in vanjaar se Varsity Netbaltoernooi behou met ‘n 94-15 slagting van VUT Maandagaand in die Callie Human-saal in Bloemfontein.

Die verskil in klas tussen Pukke en VUT was so wyd soos die Stille Oseaan. Die Pukke het met golwe van aanvallende spel nooit hulle teenstanders laat asemhaal nie. Pukke se jong opkomende doele, Claudia van den Berg en Anja Esterhuizen het behoorlik uitgeblink en haar span na ‘n oortuigende wen gestuur.

Teen halftyd, met die telling op 48-5, was ’n wen reeds ‘n formaliteit, maar nes ‘n kampioenspan het Pukke nie remme aangedraai en ontspan nie en eerder die krane oopgedraai. Die altyd energieke Mandy Hermanus was die speler van die wedstryd. Pukke speel volgende Maandag 11 September hulle volgende wedstryd teen die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK).

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button