SportSport

Een van Potch Dorp Rugbyklub se groot geeste blaas sy laaste asem uit

Die bekende oud-Mielieboer skrumskakel, Jaguar (Jack) de Jager is vroeg Saterdagoggend oorlede. Hy was die afgelope weke in die hospitaal, waar hy oorlede is. Jaguar het 18 wedstryde vir Wes-Transvaal gespeel en was die nommer een skrumskakel in 1967 en 1968, totdat die Springbok Dirk de Vos Potchefstroom toe gekom het. De Jager het die …

Die bekende oud-Mielieboer skrumskakel, Jaguar (Jack) de Jager is vroeg Saterdagoggend oorlede. Hy was die afgelope weke in die hospitaal, waar hy oorlede is.

Jaguar het 18 wedstryde vir Wes-Transvaal gespeel en was die nommer een skrumskakel in 1967 en 1968, totdat die Springbok Dirk de Vos Potchefstroom toe gekom het. De Jager het die voorreg gehad om teen twee internasionale spanne te speel: in 1967 teen die Franse en in 1968 teen die Britse Leeus. Hy het ook vir die Kwagga-Barbarians uitgedraf en was die reserwe (nie reisende) skrumskakel vir die 1969/70 Springbok toer na Brittanje

Maar dit is veral as toegewyde klubman waarvoor hy onthou sal word. Ongelukkig is die presiese statistiek nooit gehou nie, maar oud-klubmaat by Potch Dorp, Sakkie Raath, werk uit dat Jack seker maar as 100 keer die maroentrui oor die kop getrek het.

Jan Fourie, ere-president van Luiperdrugby, onthou Jaguar as “die taaiste en hardste skrumskakel” teen wie hy ooit gespeel het. Fourie sê ook dat De Jager ‘n uiters lojale klubman was en ook sy Mielieboertrui met trots gedra het.

Buiten sy rugby, het Jaguar na ‘n klein begin hom gevestig as ‘n vooruitsrewende boer. Sy seun Zeiler het saam met hom die besproeiingsboerdery bedryf en die laaste klompie jare die bedryf oorgeneem. Jaguar was ook instrumenteel in die vestiging van sy ander seun, Klein Jack, se uiters suksesvolle vervoeronderneming.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button