SportSport

NWU se puik swemmer samel weer medaljes in

Die NWU Swemklub se skitter swemmer, Franco van Niekerk, het van 7-10 Desember verlede jaar by die Noordwes Swemkampioenskappe in Rustenburg weer ‘n medaljeoes losgeswem. Dié veelsydige swemmer het altesaam 12 medaljes om sy nek gedra, wat 7 goud-, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes ingesluit het. Drie van hierdie goue medaljes het Van Niekerk in …

Die NWU Swemklub se skitter swemmer, Franco van Niekerk, het van 7-10 Desember verlede jaar by die Noordwes Swemkampioenskappe in Rustenburg weer ‘n medaljeoes losgeswem.
Dié veelsydige swemmer het altesaam 12 medaljes om sy nek gedra, wat 7 goud-, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes ingesluit het.
Drie van hierdie goue medaljes het Van Niekerk in die aflosse (naamlik gemengde 400 meter vryslag, gemengde 400 meter wisselslag en 250 “ladder” vryslag) behaal.
Individueel maak Van Niekerk die volgende klomp medaljes bymekaar: 4 goue medaljes (200 vryslag, 200 vlinderslag, 400 IM, 400 vryslag), 3 silwer medaljes (1500 vryslag, 800 vryslag, 100 vlinderslag) en 2 bronsmedaljes (100 vryslag en 200 borsslag).
Van Niekerk het onder die afrigting van Marike van Oort nuwe hoogtes bereik in die ope-afdeling vir 16 jaar en ouer.

Franco van Niekerk. Foto: Verskaf
Franco van Niekerk. Foto: Verskaf

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button