Britz en Strydom is klubkampioene
Die klubkampioenskappe is op Saterdag 10 Maart en Sondag 11 Maart by die Buiteklub gehou. Hierdie is die belangrikste gebeurtenis by die klub en bied aan die lede die geleentheid om teen mekaar mee te ding om die hoogste eer in die klub. In die A-afdeling is Albert Britz en Jhanelle Strydom onderskeidelik as mans …
Die klubkampioenskappe is op Saterdag 10 Maart en Sondag 11 Maart by die Buiteklub gehou.
Hierdie is die belangrikste gebeurtenis by die klub en bied aan die lede die geleentheid om teen mekaar mee te ding om die hoogste eer in die klub.
In die A-afdeling is Albert Britz en Jhanelle Strydom onderskeidelik as mans en dameswenners aangewys.
Die klubkampioenskappe word in verskillende afdelings aangebied en elke afdeling lewer sy eie kampioen op.
Die mansafdelings is A: voorgee tot en met 9, B: voorgee vanaf 10 tot 15 en C: voorgee van 16 tot 36.
Die damesafdelings is A: voorgee tot en met 18, B: voorgee vanaf 19 tot 23 en C: voorgee vanaf 24 tot 36.
* Pryse vir Saterdag, die eerste ronde van die kampioenskappe, is geborg deur Herman Smit Makelaars en die wenners was:
1e – Manie Smit met ‘n netto telling van 68
2e – Naas Lategan met ‘n netto telling van 69
3e – Piet Louw met ‘n netto telling van 69
* Op Sondag 11 Maart is die tweede en finale ronde van die klubkampioenskappe gespeel.
*Mans
A-afdeling:
Gross wenner (klubkampioen) – Albert Britz: 138
2de – Christo Peens: 141
Netto wenner – Petre Vermeulen: 140
2de – Steve Jacobs: 140
B-afdeling:
Gross wenner (klubkampioen) – Jan Viljoen: 163
Netto wenner – Manie Smit: 139
*C-afdeling:
Gross wenner (klubkampioen) – Naas Lategan: 176
Netto wenner – Spiros Angelides: 144
*Dames
*A-afdeling:
Gross wenner (klubkampioen) – Jhanelle Strydom: 162
Netto wenner – Cheslyn Jacobs: 146
*B-afdeling:
Gross wenner (klubkampioen) – Rina van Zijl: 197
Netto wenner – Nicky Fourie: 68
*C-afdeling: (klubkampioen) – Nina van Heerden: 69
*Junior: Renier van Rooyen
Mid-amateur: Danie van Vuuren
Senior: Charles Eckley
Super Senior: Joe Wood
Senior Dames: Louisa Grimbeek
*Op Woensdag, 7 Maart het die klub ‘n IPS-kompetisie aangebied.
Die wenners was:
1ste – Albert Britz met 41 punte
2de – Chris Cronje met 40 punte
3de – Rudi Botha met 39 punte












